Ek het `n kleintjie-dood in daardie se-ding!!!!! Nee, letterlik, as ek dink aan die persoon wat dit gese het, dan dink ek aan die fliek "Killers", en wil ek opsluit Kaap toe om haar met die vuis te gaan slaan....
Ontspan, ek sal dit darem nie regtig doen nie....however, the thought has crossed my mind, once or twice....
In elk geval, GELD is die euwel van alles negatief in ons samelewing en veral in ons land, as dit nie ou Selebi is wat geld vat as omkoop middel, let wel, NIE betaalmiddel NIE, dan staan die minister van finansies en sinspeel dat die belasting betaler nog een persent meer moet betaal vir die SAUK....ek bid jou aan...die SAUK wat sit waar hy sit as gevolg van GELD-elike probleme!!! Dit laat my dink aan die volgende (verskoon my frans) "Die wet van Transvaal, k__k en betaal"
My punt wat ek wil maak is egter ietwat deurmekaar, maar ek wil net graag bewys dat alle euwel terug gevolg kan word na GELD!
As 'n seks-verslaafde ma nie 2 "nigerians" betaal om haar katelknapie uit die pad te vat nie, dan word jou besittings, en partykeer jou lewe, geneem, om kos op `n ander tafel te sit, weens, lets face it, GELD!
Graag wil ek aan elke breindood en gewetenlose skelm probeer verduidelik: God het GELD op die aarde gesit as betaal middel vir `n diens gelewer, nie om jou selfsugtige neigings te bevredig nie!!! Ja, nou hoor ek weer `n klomp teen antwoorde: Ja, maar hy (of sy) sou nie steel as dit nie was dat hy (of sy) hul familie moet onderhou nie en dat hy (of sy) juis nou in die ressessie hul werk verloor het nie! Ek weet dis maklik vir my om te se dat ek nooit maar nooit sal bedel of steel nie, en eerder `n ou "peace-job" sal doen, maar ek glo vas: "gee nie om waar jy vandaan kom nie of wat jou opleiding is nie, elke persoon het dit in hom om `n beter persoon te wees en eerder te werk vir betaling as om dit verniet te wil het of om dit verniet te wil vat..."
Dis makliker om te steel as om `n kar te was.....dis makliker om te moor as om jou eie groente te plant...dis makliker om omkoop GELD te aanvaar as om jou lewens standaard te verlaag....so kan ek aangaan tot die perde horings kry!!!
Diewe, onthou asseblief, veral gedurende die Desember, wanneer julle vreeslik geneig is om te dink dat `n lee huis carte blanche is om jou geld sakke vol te maak, dat die wereld se geld jou nie `n kaartjie hemel toe kan koop nie, o nee, sparky...jy gaan met `n donkie kar die poorte van die hel binne ry, brand gaan jy brand, stadig maar seker!!!
GELD is `n euwel!!!
Die konklusie waartoe ek gekom het is egter: "Do you want world peace??? Burn all the money in the world"
Ek weet dit klink kras en onmoontlik, maar ek kan seker droom van `n hedendaagse eutopia....
...maar vir tyd en wyl, draai ek my sentjies 37 keer om, ek betaal die tannie wat na my kar kyk en ek gee my 10de! Ek sal wel bid vir die bedelaar of dief, want dit is wat ons as christene onderskei van Satan te volgelinge! Ons neem ander mense se gevoelens in ag en probeer om nie ons lewens rondom geld te bou nie, maar eerder rondom vrede!!!
GELD is nie ons koning nie, maar God is wel die Koning van ons lewens!!! (en wat van "cash is king" wel hy is met `n vuishou uitgeslaan...)
Eerstens, love die blog!!!
ReplyDeleteDaar is geen verskoning om te steel nie, nie eens vir kos nie!
Ek was std 2 en my boetie 5 jaar toe ons na 'n nuwe dorp verhuis. My pa en ma was beide alkoliste.Hulle het die eerste dag in ons nuwe dorp uitgepaas in ons splinternuwe huis... Ek en my kleinboet het 2 dae nie vastekos gehad nie.(En die krag en water was nog nie aagesluit in die nuwe huis.) Ek het aan "boetie" voorgestel dat ons ook moet gaan slaap om op daardie manier te probeer vergeet wat ons eintlik nodig het.
As gevolg van die hongerpyne kon ons nie aan die slaap raak nie...
Die dag toe ons die dorp binnevaar het ons 'n kafee naby ons nuwe huis gewaar. Die gekerm van my boetie se honger en die gekerm van my eie maag het my laat besluit om kos uit die einste kafee te steel.
By die kafee gekom het ons daar binne rond gedwaal, maar ek kon dit nie doen nie. Nie eens vir my kleine boetie nie! My boetie het my gesmeek om net vir hom 'n toffie te steel maar ek KON NIE!!!
Op die ou einde van die dag het ek by ons splinternuwe buurman aan die deur geklop vir 'n sny brood.
Minder as 'n maand later het die welsyn ons kom haal.
Sestien jaar later is ek steeds dankbaar daarvoor, en dat ek nie 'n toffie gesteel het nie.
Daar is altyd 'n uitweg, al lyk dit nie so nie!
GELD is nie ons koning nie, maar God is wel die Koning van ons lewens!
Van Dr. Seuss:
You have brains in your head. You have feet in you shoes. You can steer yourself any direction you choose. You're on our own, and you know what you know. And you are the one who'll decide where you'll go. You're off to great places! Today is your day! Your mountain is waiting, so... get on your way!